Broodjies

Standard

Kinders het toebroodjies nodig vir die dag. ‘n Mens kan nie die dag deurgaan op ‘n leë maag nie. Daarom is daar talle mammas wat elke oggend vroeg opstaan om broodjies vir hulle gesin te maak. Elkeen se broodjies word volgens sy behoeftes gemaak en in ‘n blikkie gepak met sy naam op.

So staan die Heilige Gees ook elke oggend gereed met elkeen se broodjies (Woord) vir die dag, gepak in jou blikkie (Bybel) om aan jou behoeftes te voldoen. Dan wag Hy om te sien of jy die broodjie gaan eet. Hy wag vir die ruskans waar jy jou broodjies gaan oopmaak. Hy wil sien hoe jy dit geniet en hoe dit jou sterk maak.

As onderwyseres was dit die lekkerste lekker om te sien hoe party outjies met entoesiasme in daardie kosblikke induik. Hulle het vinnig gekyk wat is die verrassing vir vandag en dan selfvoldaan rondgekyk of daar nog iemand was wat so gelukkig was soos hulle. Maar daar was ook die outjies wat die kosblik net eenkant toe geskuif het en besluit het hulle het beter dinge om te doen.

Dit is die kinders wie se broodjies teruggaan het huis toe, onoopgemaak. Die kinders wat kosbare voedingstowwe vir hulle liggame gemis het. Soms kry ‘n mamma talle kosblikke onder in die tas vol gemufte broodjies en dan is sy vies oor die vermorsing van kos en sy wonder of sy ooit weer ‘n kosblik moet pak vir skool.

Doen ek en jy nie deselfde met die Heilige Gees se vars brood vir elke dag nie? Ons is net te besig, ons het beter dinge om te doen. Daar is nie tyd vir broodjies nie en voor ons ons kom kry, is die dag verby en het die broodjies pap en sleg geword. Dit het betekenis verloor, want dit was vir vandag met sy probleme en uitdagings bedoel. Of sommige van ons gee daadie kosbare broodjie, soos die man in die advertensie, vir die eerste, beste ou wat ons pad kruis. Daardie voedsame broodjie was eintlik vir jou bedoel en het beslis nie dieselfde betekenis vir die een aan wie jy dit gegee het nie.

Hoeveel gemufte toebroodjies het die Heilige Gees al uit jou tas moes haal omdat jy net te besig was?

Kom ons maak tyd en eet elke dag ons vars broodjie wat die Heilige Gees met moeite vir ons voorberei het, sodat ons kan groei en sterk word in Christus.

Deur: Riana Ehlers

Advertisements

I would like to read your opinion! Leave a comment.

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s